Ek is Donique. Ek voel ewe tuis in Suid-Afrika as in Nederland. Ek dink en droom in Afrikaans, maar geniet ten volle van die Nederlandse kultuur en gewoontes. Elke winter vlieg en saam met die swaeltjies terug na Afrika. Ek neem 'n leë tas saam om dit vol inpirasie te pak en herleef weer die mooi as ek terug in Nederland is. Ek word geïnspireer deur die Suid-Afrikaanse blou lug, die growwe teksture, digkuns en die plekke waar my voorvaders vroeër was. Nederland het weer soveel verskillende skakerings van groen en die mees dramatiese wolke. In my kuns verbind ek die twee met mekaar. Vir my persoonlik, het omgewings 'n direkte invloed op my gemoed. Ek streef altyd om 'n omgewing mooier en positiewer te maak. Met kuns kan mens mooier, positiewer en inspirerende omgewings skep.

MEDIA