Die foto is uit die @myplatteland tydskrif uit Suid-Afrika. Ek was so geïnspireer deur die storie en fotos! Noag se ark moet trek. Elke winter trek on skape van die Boesmanland af na ons plase in die winterreënalstreek naby Loerisfontein. Dit is omtrent ’n optog. Party jare as dit goed gereën het, word die skape aangejaag. Dit is net meer as 100km en ons slaap sommer langs die pad. Die laaste klompie jare was dit baie droog en al die skape word dan met ’n vragmotor na die ander plase aangery. Heel laaste trek ons. Al die diere gaan saam. Die duiwe, hase, perd en koei. Die kat en honde. As almal flou gehardloop is agter die ganse aan en as die laaste een op hok is, ontdek iemand nog ’n kapok wat iewers staan en skrop. My pa het eendag gesê ons is Noag een voor, want hy het nerens gelees dat Noag visse in sy ark gehad het nie.” - Chrismari van der Westhuizen-Batt.
Lucky renoster op 'n stappie
Lucky renoster op 'n stappie
As al die renosters maar net lekker rond kan beweeg sonder sorge. Dankie vir almal wat na ons renosters omsien.
Die Groot 5 bestaan uit die leeu, renoster, luiperd, buffel and olifant. Almal wat na Suid-Afrika reis hoop om hierdie pragtige, kragtige diere te sien.
I have spoken
I have spoken
Die oomblik wanneer jy te naby kom, wanneer jy die grense oorskry het, wanneer 'n dier dit baie duidelik maak dat jy nie meer in jou gebied is nie. Ek het al die groot en kragtige dier gesien en hoop om ander 'n blik te beleef van hoe dit voel om so naby 'n koning te kom.
Gebondenheid
Gebondenheid
geaard op vaste grond beweeg en
bewoon ons statig ons erfdeel onder
die uitspansel
verknogte verbondenheid neig ons
hunkerend na mekaar
vorm ons trop
’n veilige kudde waar ons verskans
geborge by mekaar skuil
by mekaar bly swerm teen die
onbegrip van die andersoortiges
so koester ons mekaar
gedryf deur oeroue instink
waar ons veilig geanker voel
om geslyp die wyshede oor geslagte
heen oor te dra
Christa Etschmaier