Faith rises above difficulties #2

€ 145,00

My ouma grootjie Kitty het altyd geskryf. Sy het boekies, stukkies papier, die agterkant van ‘n weetbix boks en enige iets wat sy in die hande kon kry op geskryf. Ek hoor baie by my ma en ouma dat ek net soos sy is. Ek’t haar nooit geken nie, en kan soms nie uitmaak wat sy skryf nie, maar hoe sy skryf en wat sy skryf is so inspirerend vir my. Ek trace haar skrif en collage dit in my skilderye. Ek voel so ‘n konneksie tussen ons. Deur haar woorde leer ek by haar.