Montagu plaas (ingelijst)

€ 90,00

As jy al in die hoofstraat van Montagu, in die Wes-Kaap, Suid-Afrika gery het, sou jy al die prentjie gesien het. Montagu is 'n groot inspirasie vir my omdat dit omring is deur berge en die oulikste plasies. Mens hoor die natuur as jy daar is. Dis asof die berge asemhaal.