Boesmanland vat my hart

€ 250,00

Noag se ark moet trek. Elke winter trek on skape van die Boesmanland af na ons plase in die winterreënalstreek naby Loerisfontein. Dit is omtrent ’n optog. Party jare as dit goed gereën het, word die skape aangejaag. Dit is net meer as 100km en ons slaap sommer langs die pad. Die laaste klompie jare was dit baie droog en al die skape word dan met ’n vragmotor na die ander plase aangery. Heel laaste trek ons. Al die diere gaan saam. Die duiwe, hase, perd en koei. Die kat en honde. As almal flou gehardloop is agter die ganse aan en as die laaste een op hok is, ontdek iemand nog ’n kapok wat iewers staan en skrop. My pa het eendag gesê ons is Noag een voor, want hy het nerens gelees dat Noag visse in sy ark gehad het nie.” - Chrismari van der Westhuizen-Batt.