100 dae - 100 landskappe

(AFR)

Ek het vir myself 'n uitdaging gestel. Verf elke dag ‘n  landskap vir 100 dae. Nadat ek meer ure begin werk het, kon ek nie myself indink dat ek nie elke dag kon verf nie. Kuns hoef nie altyd 'n meesterstuk te wees of in alle opsigte perfek te wees nie. Wanneer ek spontaan verf en vinnige besluite neem, is my kuns meer dinamies en het dit 'n gevoel van beweging. My bedoeling was om 'n beperkte palet te gebruik, vinnige besluite te neem oor tekstuur en komposisie en... om elke dag te verf! Die feit dat ek 'n gewone sketsboek gebruik het, het baie gehelp, aangesien die papier kwaliteit nie te veel verf en ‘oorwerk’ kon vat nie. Elke skildery is 14x14cm en is tussen 5-10 minute elk gedoen. Ek het so baie oor my en my kuns met hierdie uitdaging geleer: komposisies beplan, hoe om tekstuur te skep en my palet te beperk, my eie kleure te meng, die tipe landskappe wat my die meeste aanspreek en dat daar meer tyd in 'n dag as wat ek soms dink. Elke een is Suid-Afrikaanse, Wes-Kaapse landskappe, van die honderde foto's wat ek geneem het terwyl ek daar gekuier het of 'n mengsel van foto's en herinneringe. Sommige is deur ander mense geinspireer. Dag 13-fotokrediet: Iza Slabbert Dag 47 fotokrediet: Magda Lottering

Ek het soveel positiewe terugvoer gekry en waardeer almal wat saam met my op die reis was.

Alle ‘timelapses’ is beskikbaar op my Instagram by: doniqueart. Geniet dit!

 

(ENG)

I set myself a challenge. Paint one small landscape each day, for 100 days consistently. After I started working more hours I couldn't bear the idea of not being able to paint everyday. Art doesn't always have to be a masterpiece or what's believed to be perfect in every sense. I find when I paint loose and make quick decisions my art is more dynamic and it has a sense of movement to it. My intention was to use a limited palette, make quick decisions regarding texture and composition and…. paint everyday! The fact that I used a normal sketchbook helped tremendously, as the paper wasn't able to take too much paint and overworking. Each painting is 14x14cm and was done between 5-10 minutes each. I learned so much about me and my art-making practice with this challenge: planning compositions, how to create texture and limiting my palette, mixing my own colours, the types of landscapes I am mostly drawn to and that there is more time in a day than you might think. All are South African, Western Cape landscapes, from the hundreds of photos I took while visiting there or a mix of photos and memories. Some I took from other people. Day 13 photo credit: Iza Slabbert Day 47photo credit: Magda Lottering 

I received so much positive feedback and appreciate everyone who was on the journey with me. 

All time lapses are available on my Instagram account: doniqueart. Enjoy!